Die winter kou aan my se lyf
laat my liggaam koud en styf
hare staan regop op hoender se vleis
lippe gekleur in blou en grys
Die laken is koud voel eintlik nat
jy kan nie aan my met jou koue hande vat
ek kry so koud my tande klap
ek kry so koud man, ek kan dit nie meer vat!
Die winterval is ‘n afgryslike ding
jy hoor geen voëltjies in die more sing
die ys maak ‘n waterkring
op die voeltjiebak se ronding
Voetspore in die vroegoggend ryp
die water is gevries in die kraan se pyp
om koue uit my lyf te dwing
warmte van my geliefde se omhelsing
stadig voel ek die koue pyn verdwyn
die winterval wegkwyn
Liefde is deur dik en dun
altyd die antwoord op elke ding
Author: EC