Stryd van ‘n Enkele

Deur al die donker diepte

Worstel sy met haar geliefde

Soveel aande heen van smagte

Soveel aande heen verwagte

Om elke oomblik te herleef

Wat so aan hartstog bly kleef

So aanhoudend sal sy ween

Weet elkeen van geeneen

Wat arms het wat kan toevou

Aan liefde waaraan sy wil klou

Eendag sal sy staan opsy

En almal om haar vermy

Los nou die harde stryd

Dit het sy nou besluit

Om geeneen te vra van elkeen

Niemand wil saam met haar ween

Nou loop sy die pad enkel

En vergeet van elke skenkel

Wat haar nie saam wil vat

Op hul lank verwagte lewenspad

Die styd is verby

Daaroor geen enkele stryd

En wat staan voor haar deur

Die reuk van rosegeur

Hy het haar kom haal

Om saam die lewe op te saal

Sy’t nie eens gesoek gevra

Haar gevra om sy ring te dra!

Author: EC